top of page

HALLO!

Nylstroom Dierekliniek is 'n eersteklas-fasiliteit wat troeteldiere, kleinvee, beeste, perde en wilde diere behandel.

As diereliefhebbers verstaan ​​ons dat u troeteldier nie net 'n troeteldier is nie, maar 'n geliefde familielid.

Die algemene gesondheid van u troeteldier is ons prioriteit en ons streef daarna om eersteklas veeartsenykundige sorg aan al ons pasiënte te bied.

​

NDK is a first-class facility that treats pets, small stock, cattle, horses and wild animals.

As animal lovers, we understand that your pet is not just a pet, but a beloved family member.

The general health of your pet is our priority and we strive to provide first-class veterinary care to all our patients.

about

OOR ONS

KLINIEK

Nylstroom Dierekliniek is geleë in Modimolle, Limpopo, en is die praktyk van Dr Karel Toet en Dr Stephen Gerber.

 

Ons kliente diens is vir ons baie belangrik en is die hoof fokus van ons praktyk. Ons verstaan dit is nie altyd maklik om u troeteldiere kliniek toe te bring nie, dus offer ons tuis konsultasies.

​

Ons het 'n moderne hospitaal wat die nuutste tegnologie gebruik om ons in staat te stel om u troeteldiere die beste kliniese ervaring te bied.

Ons  winkel bevat die nuutste premium troeteldierkos en 'n reeks toebehore.

​

Nylstroom Dierekliniek is geregistreer by die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Raad en oortref die minimum standaarde wat vereis word vir 'n veeartsenykundige kliniek. U veeartse woon gereeld geleenthede vir voortgesette onderwys by om hul op datum te hou en hul vaardighede te ontwikkel en te verbeter.

Die ontvangs- en kennelpersoneel ontvang ook gereeld opleiding op die terrein van produkte sowel as higiëne-bestuur.

ONS

DIENSTE

ONDERSOEKE

 

Ons bied algemene gesondheidsondersoeke om te verseker dat u troeteldier gesond en gelukkig bly.

INENTINGS

 

Voorkoming van verskeie dodelike siektes is van groot belang vir u dier se gesondheid. Alle algemene entings word gedoen by die kliniek of per afspraak by u huis.

TANDHEELKUNDE

 

Goeie mondhigiëne is belangrik nie net vir tandgesondheid nie, maar asook vir voorkoming van ander siektestoestande. Voledige tand en tandevleis behandeling is beskikbaar.

CHIRURGIE

 

Algemene operasies insluitend steriliasies, sagte-weefsel chirurgie, byt-wond behandeling en frakture word gedoen sowel as keisersneë en motor ongeluk behandeling.

TUIS BESOEKE

 

As dit moeilik is vir u om u troeteldier na ons te bring of om angstigheid en vrees van u troeteldier te voorkom, maak gerus 'n tuis afspraak vir basiese konsultasies, entings of mikroskyfie plasings.

NOODGEVALLE

 

Sorgvuldige behandeling van diere met nood toestande is van kritiese belang. Slangbyte, motorongeluk trauma, katgriep gevalle en vergiftiginge word as baie ernstig geag en dus is die betrokkendheid van nie net 'n veearts benodig nie maar sowel as 'n bekame verpleegster.

PLAASBESOEKE

 

Dokters is beskikbaar vir alle plaas konsultasies/besoeke.

our_services
MIKROSKYFIES

 

Identifikasie van u troeteldier is van uiters belang. Mikroskyfie plasing kan by die praktyk gedoen word of in die gemak van u huis.

Clinic Hours
Black Dog

KLINIEK

URE

KLINIEK URE

8:00 AM - 18:00 NM

Maandae - Vrydae

 

9:00 AM - 12:00 NM

Saterdae

KONSULTASIE URE

8:00 AM - 18:00 NM

Maandae - Vrydae

 

9:00 AM - 12:00 NM

Saterdae

Vir konsultasies, skakel gerus die praktyk vooraf om te bevestig of daar 'n dokter beskikbaar is.

​

24/7 BESKIKBAAR VIR NOODGEVALLE

KONTAK

ONS

104 Thabo Mbeki straat

Modimolle (Nylstroom)

Limpopo

Suid Afrika 

0510

KLINIEK ADRES

Kliniek

014 717 5996

​

Dr Karel Toet

082 898 9286

​

Dr Stephen Gerber

081 039 8074

KONTAK BESONDERHEDE
KONTAK ONS
contact

Dankie vir u boodskap!

  • Facebook
  • Instagram
bottom of page